Oor Koos Mahifo (55) se pronkronde Saterdagaand 27 April in die arena op die Bloemskou in Bloemfontein gaan daar nog lank in Douglas in die Noord-Kaap gepraat word. Mahifo, wat al amper 36 jaar ’n afrigter van saalperde is, het ná dekades sy eerste groot­kampioenskap verower. Hy het met die perd Gift of Class die Suid-Afrikaanse grootkampioenskap vir ’n parkperd op die nasionale saalperdkampioenskap op Bloemskou gewen. Gift of Class is ’n perd van Wim van Bergen van die Wimco-stalle by Douglas, waar Mahifo sy afrigter en regterhand is, asook die hoefsmid.

Foto: Mlungisi Louw

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article