Indien die Griekwas op Vrydag 6 September daarin slaag om die Westelike Provinsie (WP) te klop, sal dit die Noord-Kapenaars se sewende oorwinning agtereen­volgens oor die Streeptruie in die Curriebeker-reeks wees.

Vrydag se wedstryd is dié spanne, wat albei uit die stryd is om die halfeindronde te haal, se laaste in vanjaar se reeks.

“Ons weet ons kan hulle klop. Hulle het verlede jaar met ’n baie sterk span Kimberley toe gekom en ons het teen hulle gewen,” sê Pieter Bergh, Griekwas-afrigter.

Vir die Poubloues is Vrydag se kragmeting ook om ’n ander rede belangrik.

Bergh sê hulle het nog geen versoeke van die groter unies ontvang om van hul spelers te leen vir die nuwe seisoen van die VRK nie, wat later vandeesmaand begin nie. WP het die eerste keuse op Griekwas-spelers weens ’n vennootskap tussen dié unies.

Die Cheetahs se kans om vir die halfeindronde van vanjaar se Curriebekerreeks te kwalifiseer het ’n terugslag beleef nadat hulle Vrydag teen Griekwas in Kimberley verloor het.

Griekwas het sewe drieë gedruk om met 44 – 31 te wen.

Dit was een van die Poubloues se beste vertonings die seisoen.

Vir die Vrystaters, wat verlede jaar die Curriebeker gewen het, flikker die gevaarligte nou: Hulle het een bonuspunt bygekry.

  • Die kragmeting tussen Griekwas en WP begin om 15:00 in die Suzuki-stadion in Kimberley.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article