Vir die mensdom is kommunikasie belangrik. Ons almal het gesien wat gebeur het toe kommunikasie gedurende grendeltyd beperk was. Totale chaos.

Soms, net soms, wanneer iemand met my kommunikeer, kom ’n vraag by my op: Is hierdie mens heeltemal onnosel of heeltemal moedswillig?

Gewoonlik wonder ek oor die antwoord op hierdie vraag.

Gestel ’n mens is in ’n situasie waar jy minstens een betrokkene benodig om ’n sekere taak te verrig.

Gestel jy het twee om van te kies: Die een mens is onnosel en die ander mens is moedswillig.

Watter een van die twee sou jy kies? Want jy moet minstens een kies.

As iemand onnosel is, kan dit beteken dat hy of sy net in sekere aspekte ’n leek is.

Dit beteken nie noodwendig dat die mens oor die algemeen dom is nie.

Dalk, met die nodige opleiding en geduld, kan iemand die nodige kennis inwin om waarde toe te voeg.

As iemand moedswillig is, is dit ’n houdingsprobleem.

Dalk, met die nodige leiding en geduld, kan hy of sy tot insig gebring word om anders op te tree.

Mits die wortel van hierdie probleem opgespoor en reggestel kan word.

Gelukkig is ek in ’n situasie waar ek nie elke oomblik van elke dag myself hierdie vraag hoef af te vra nie.

Gestel jý moet kies tussen iemand wat heeltemal onnosel is, of heeltemal moedswillig; watter een sou jy kies?

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article