Die nuwe bestuurslede is van links Doreen van der Westhuizen (bykomende lid, Volop), Ruby Kriel (vise-president, Griekwastad), Jorietha Kirsten (sekretaresse, Postmasburg), Amanda Duvenhage (sterlid, Niekerkshoop), Machel van Niekerk (sirkelpresident, Volop), Elzahn Fourie (kunste en handvlyt, Volop), Ilze Coetzee (opvoedkunde en kultuur, Volop) en Lientjie Maritz (tuin- en landbou, Volop). Afwesig: Andra Lambrechts (gesondheid, Griekwastad).

Foto: Verskaf

Talent onder die lede van die Griekwaland-Wes-sirkel se Vroue Landbou­vereniging (VLV) het nie tydens die Covid-19-pandemie afgeneem nie.

Dit is onlangs op die 89ste sirkelkonferensie in Postmasburg bewys.

Die Postmasburg-, Vol­op-, Niekerkshoop-, Olifantshoek- en Griekwastad-tak het op 16 Maart vergader.

Machel van Niekerk van Volop, sirkelpresident, het ná ’n kersplegtigheid haar presidentsrede gelewer.

In die kompetisie het die Volop-tak met 715 die meeste punte behaal, met die Griekwastad-tak die naaswenner met 425 punte.

Amanda Duvenhage van Niekerkshoop is as sterlid aangewys, en Renca Rhode was die wenner in ’n gelukstrekking.

Verskeie bydraes het die program ingekleur. Ruby Kriel van Griekwastad het met die vou van ’n boek ’n papierprotea geskep; Martie Thiart het inligting oor kunste en handvlyt gedeel; en Van Niekerk het ’n aanbieding oor die bewaring van die ietermago en ander bedreigde spesies gelewer.

Laasgenoemde het ook meer vertel oor die projek Kalahari Wildlife wat op hul plaas by Witsand gedryf word.

Mimi Swart

Die konferensiepryswenners is van links Elzahn Fourie (Volop), Semantha Burger (Volop), Jakkie van Schalkwyk (Volop), Marietha Vermeulen (Volop), Lientjie Maritz (Volop), Ilze Coetzee (Volop), Machel van Niekerk (Volop), Nicolene Jacobs met haar seun Niklaas (Volop) en Doreen van der Westhuizen (Volop).

Jakkie van Schalkwyk by haar weninskrywing van ’n groenterangskikking.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article