Petra Diamonds het Woensdag (05/12) die verhandeling van die maatskappy en sy swart- ekonomiese bemagtigingsvennoot se aandeel van 75,9% in KEM JV aan sy vennoot in dié vennootskap Ekapa Mining (Edms.) Bpk. aangekondig.Petra Diamonds het sy aandeel in die KEM JV-vennootskap vir R300 miljoen verhandel.Petra Diamonds het reeds op 5 Julie vanjaar aangekondig dat hy sy aandele in die KEM JV-vennootskap sal verkoop sodat hy hom eerder op sy Finsch- en Cullinan-diamantmyn kan toespits en só die bedryfsrisiko’s vir die groep te verminder en sy finansiële sake te verbeter.KEM JV was ’n gesamentlike onderneming tussen Petra Diamonds en sy vennoot Ekapa Mining. Hulle het gesamentlik ’n ondergrondse myn en behandelingsaanlegte in die Diamantstad bedryf.Petra Diamonds se aandeel in die vennootskap is as lopende saak verkoop met Ekapa Mining wat die vennootskap se finansiële verpligtinge, werknemers, sosiale verantwoordelikhede, verantwoordelikhede ten opsigte van veiligheid en gesondheid van werknemers, sowel as die omgewing sal oorneem.Die voorwaardes vir die betaling van die R300 miljoen is gewysig om Ekapa Mining in staat te stel om die finansiële haalbaarheid van die onderneming ten volle te ontgin.Ingevolge die nuwe ooreenkoms sal ’n vaste gedeelte van R60 miljoen oor 24 maande vanaf 1 April 2019 afbetaal word.Die uitstaande balans sal betaal word uit 50% van die kontantvloei wat genereer sal word uit opbrengs wat uit die verkoop van bates gemaak word, sowel as potensiële opbrengste uit ’n hangende versekeringseis en ander opbrengste.Johannes Dippenaar, uitvoerende hoof van Petra Diamonds, sê die transaksie is in lyn met die maatskappy se strategiese voorkeursake. Die maatskappy het ’n toeskryfbare verlies van $104,40 miljoen gely weens bedrywighede wat gestaak met die herklassifisering van KEM JV as ’n beëindigde onderneming.
Petra verkoop sy aandeel
Christiaan Cloete
|

Petra Diamonds
Petra verkoop sy aandeel
Christiaan Cloete
|

Petra Diamonds
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.

Related Articles
-

Jong ingenieur (28) van Bloemfontein se organe red vele se lewe
Deon van der Berg (28) wat Saterdag 16 Mei ná 'n ongeluk in Dan Pienaarrylaan…
by
Lientjie Mentzon
-

Bloemfonteiner wen splinternuwe Hilux-bakkie in Checkers Hyper-promosie
'n Bloemfonteiner het vandeesweek die nuwe eienaar geword van 'n dubbelkajuit Toyota Hilux in 'n…
by
Lientjie Mentzon
-

‘G’n berou by beskuldigde’ in moordsaak
Een van die mans wat Piet Els (86), bekende sakeman, en sy vriendin in Januarie…
by
Charné Kempon
Leave a comment
You need to be Logged In to leave a comment.
