Hoenderborsies is ’n uitstekende bestanddeel om in ’n pakkie gaar te maak, want die vleis bly lekker sappig en die olywe en rissies sorg vir hope geur.
Jy benodig (vir vier mense):
4 hoenderborsies
16 olywe
8 pikantrissies (peppadews)
2 wiele fetakaas
1 teelepel origanum
4 eetlepels olyfolie
Sout en swartpeper na smaak
So maak jy:
1. Sit die hoenderborsies elkeen op sy eie stuk bakpapier. Verdeel die res van die bestanddele tussen die vier pakkies en geur dit na smaak met sout en peper.
2. Draai elke pakkie losweg in foelie toe.
3. Bak die pakkies vir ongeveer 10 minute oor matige kole en laat dit vir 5 minute rus voor jy dit voorsit. Hoenderborsies wat nie ontbeen is nie, sal langer neem om gaar te word.
Bron: Weg, Aletta Lintvelt en kosassistent Merrill Buckley





