Dean O’Neill.

Dean O’Neill. Foto: Gurswin Prins

’n Oud-Namakwalander is as die nuwe munisipale bestuurder van die Overstrand-munisipaliteit aangestel. Dean O’Neill (51) het begin Julie op ’n raads­vergadering 27 ander aansoekers geklop om aangestel te word.

O’Neill, afkomstig van die Noord-Kaap, en tans die munisipale bestuurder by Kaap Agulhas-munisipaliteit is, sê hy is opgewonde om die nuwe uitdaging in die Overstrand aan te gryp.

Hy is in O’kiep gebore en het matriek aan die Hoërskool Concordia voltooi.

Hy het sy loopbaan in September 1996 in Vredendal in die Weskus by die destydse Vredendal-oorgangsraad as assistent-stadsingenieur begin.

O’Neill het in sy pos gegroei en ná die samesmelting van die munisipaliteite in Desember 2000, is hy in September 2001 as direkteur vir tegniese dienste aangestel.

In 2006 het hy die pos van munisipale bestuurder aan die Matzikama-munisipaliteit aanvaar en weer in 2011.

In September 2013 is hy as munisipale bestuurder by die Kaap Agulhas-munisipaliteit aangestel, waar hy nou in sy tweede termyn is.

Die munisipaliteit het sedert 2013 vyf opeen­volgende skoon oudits ontvang.

O’Neill het ’n meestersgraad in openbare administrasie en is geregis­treer om met sy doktorsgraad in openbare administrasie te begin.

Hy begin 1 November in die nuwe pos dien. – Rick Marais, Hermanus Times

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article