AfriForum se Delportshoop-tak het onlangs ingespring en die begraafplaas op dié Noord-Kaapse dorp, wat oor die jare heen verwaarloos is, reggeruk. AfriForum se span het onvermoeid gewerk om die plantegroei om grafstene te tem en rommel op te tel en weg te ry. Selfs lede van die gemeenskap het hand bygesit het om die begraafplaas te verfraai. “Projekte soos hierdie is van kardinale belang, aangesien begraafplase deel van ons erfenis is. Deur verantwoordelikheid vir die instandhouding van openbare ruimtes te aanvaar kan gemeenskappe verseker dat gebiede soos hierdie in die hede gerespekteer en vir die toekoms bewaar word,” sê Lize-Mari van der Linden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo.

Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article