Francois de Kock is met aanvang van 2025 die nuwe hoof by die Hoërskool Diamantveld in Kimberley. Hy volg Leon Victor op wat ná 40 jaar by dié skool die onderwystuig neerlê. De Kock het sy onderwysloopbaan aan die Hoërskool Jeugland in Kemptonpark begin, waarna hy 25 jaar lank by onder meer die Afrikaanse Hoër Seunskool, Waterkloof en Garsfontein werksaam was. Sedert 2019 was De Kock die hoof van die Hoërskool Kemptonpark, met diepgaande betrokkenheid by akademiese en sportontwikkeling.

Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article