Die bestuurslede van AfriForum se Bo-Karoo-tak is op 28 April aangewys. Van links is Neil van Rensburg (komiteelid), Adolf Oosthuizen (ondervoorsitter), Magdaleen Kleynhans (voorsitter en gemeenskapsveiligheid), Christiaan Kershoff (plaaslike regeringsake), Minette Botha (kultuur en toerisme) en Wikus van der Walt (jeug). Afwesig: Robin du Plessis (projekte), Marinda de Beer (tesourier en sekretaris), Michelle Bättenhaussen (Philipstown), Pieter Smith (Douglas) en Pieter Koortzen (Douglas).

Foto: Verskaf

AfriForum se Bo-Karoo-tak het onlangs sy bestuur herorganiseer om minstens een mens van elke dorp in die streek in te sluit.

Volgens Marike Labuschagne, distrikskoördineerder, is dit hul doelwit om die tak se bedrywighede na dorpe in die streek uit te brei.

“Die konsep van ’n streekstak is vir die afgelope jaar in werking, en ons sien dat dit groot waarde tot ons omgewing toevoeg en vir die kleiner plattelandse dorpe ’n platform bied.”

Magdaleen Kleynhans, takvoorsitter, meen die doel van die tak is om gemeenskappe te leer om hande te vat om kwessies saam aan te pak.

Gemeenskapslede van onder meer Hopetown, Strydenburg, Douglas, Ritchie, Modderrivier, Philipstown en Koffiefontein kan by die tak betrokke raak. Belang­stellendes kan Kleynhans by 072-347-5250 bel vir meer inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article