Die AfriForum-tak in die Bo-Karoo het onlangs sy nuwe bestuur aangewys. Dié bestuur is gereed en opgewonde om die gemeenskap te dien, en vorm ook deel van die Bo-Karoo-steunkring wat op dieselfde geleentheid gestig is. Die nuwe bestuur sal op veiligheid in Vanderkloof, Petrusville, Philipstown, Luckhoff, Orania, Hopetown, De Aar en Britstown fokus. Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo, doen ’n beroep op die gemeenskap om betrokke te raak. “Dit is immers jul omgewing waarvoor julle lief is,” sê sy. Die nuwe bestuur is, van links, Thomas van Dalen, Pieter Bischoff (ondervoorsitter), Donald Mc Nicol (sekretaris), Adolf Oosthuizen (voorsitter), Magdaleen Kleynhans (tesourier) en Daniel Coetsee (veiligheid).

Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article