Die nuwe bestuur van die VLV Kuruman-tak is aangewys. Dit volg nadat Marianne Vorster haar voorsittersbalkie ná tien jaar diens aan Arina Beukes oorhandig het. Met die tak se byeenkoms op 16 Oktober is die res van die bestuur bekend gemaak. Van links is Janet West (tesourier), Erika Engelbrecht (sameroeper: kunste en handvlyt), Alta Roets (sameroeper: gesondheid), Karin van der Walt (sameroeper: opvoeding en kultuur), Lynn Nel (sekretaris), Elien Menge (sameroeper: openbare sake), Beukes, Ansie Cilliers (sameroeper: landbou en tuinbou), Zelda Lombaard (visevoorsitter en sameroeper: leefstyl) en Hettie du Plessis-Krüger (mediaskakelbeampte).

Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article