NoordkaapBulletin, ’n gemeenskapskoerant in Afrikaans en Engels, word in Kimberley en 22 dorpe versprei.
Dié dorpe is: Barkly-Wes, Bloemhof, Boshof, Christiana, Daniëlskuil, De Aar, Douglas, Groblershoop, Hartswater, Hopetown, Jacobsdal, Petrusburg, Jan Kempdorp, Kakamas, Kathu, Keimoes, Kuruman, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington en Warrenton.
Huis-tot-huis-verspreiding word in dele van Kathu, Kuruman, Kimberley en Upington gedoen, met grootmaatverspreiding wat by talle winkels en ondernemings plaasvind.
Weekliks word ’n oplaag van 35 000 koerante versprei.


