Cailin Nel en Narike Hoft.

Foto: Verskaf Credit: SYSTEM

Twee ruiters van die Noord-Kaap het in Desember as deel van Suid-Afrikaanse junior Protea-spanne aan ’n internasionale ruiterkuns­kompetisie teen Amerika deelgeneem.

Narike Hoft van Upington en Cailin Nel van Douglas is boonop tot kaptein van hul onderskeie spanne gekies wat van 11 tot 14 Desember in Parys, Suid-Afrika, in die kompetisie meegeding het.

Cailin Nel en Narike Hoft.

Hoft is as kaptein van die vyfgangspan gekies, en die span het ’n goue medalje in die kompetisie gewen.

Nel, kaptein van die driegangspan, se span het silwer gewen.

Hoft het in albei spanne deelgeneem en ’n silwermedalje verdien.

Albei die ruiters het uitstekende punte vir hul spanne verdien, en het bewys dat, afgesien van lang afstande en opoffering om by hul afrigter in ’n ander provinsie te gaan oefen, harde werk beloon word.

Cailin Nel (links) en Narike Hoft.

Hulle word deur Martin Pienaar van Dream Acres Equestrian Centre in Bloemfontein afgerig.

Dit is die tweede jaar agtereenvolgens dat twee Noord-Kaapse ruiters tot dié twee spanne se kapteins verkies is. Dit was Hoft se tweede jaar as kaptein.

Hoft en Nel sê deelname aan die byeenkoms was ’n ongeloof­like ervaring, ongeag strawwe kompetisie op vreemde perde.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article