Vier boomspesies is by die lys van beskermde bome in Suid-Afrika gevoeg, naamlik: rooihout (Berchemia zeyheri), die jakkalsbessie (Diospyros mespiliformis), manketti (Schinziophyton rautanenii) en umtiza (Umtiza listeriana). Bome wat in die Noord-Kaap voorkom en lank reeds op die lys is, is die kameeldoring en witgat. Volgens wetgewing mag niemand so ’n boom sny, die hout daarvan bymekaarmaak, dit beskadig of vernietig nie. Oortreders kan tot drie jaar gevangenisstraf kry.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article