Die name van Noord-Kaapse dorpe wat vir Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie benoem is, word Sondagaand bekend gemaak.

Foto: Helena Barnard

Die Noord-Kaapse dorpe wat vir Kwêla op kykNET se jaarlikse Dorp van die jaar-kompetisie benoem is, word Sondag 16 April om 18:00 op Kwêla bekend gemaak.

Benoemings vir drie streke – Noord-Kaap, Wes-Kaap en Noordwes/Gauteng – word dan op die TV-program op kykNET se kanaal 144 bekend gemaak.

Ná die aankondiging Sondagaand sal die stemlyne om 19:00 oop wees, tot Vrydag 21 April om 12:00.

In die tydperk kan inwoners vir hul gunsteling uit drie dorpe in elke streek stem.

Die dorp uit elk van die streke met die meeste stemme sal die streek as finalis verteenwoordig.

Kwêla verfilm dan ’n tien minuut-insetsel in elke finalis-dorp.

Om te stem:

SMS slegs die naam van jou gunsteling-dorp na 33157 teen R1.50 per SMS. SMS’e is tot 30 SMS’e per nommer beperk.

Die drie benoemings vir die eerste drie streke sal ook ná Kwêla se uitsending op kykNET se Facebook-blad geplaas word, vanwaar inwoners dit kan deel en “like”.

  • Herhalings van Kwêla is Maandag om 08:30, Dinsdag om 01:00, Dinsdag om 10:30, Woensdag om 12:30, Donderdag om 16:00, Vrydag om 10:00 en Saterdag om 13:30.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article