‘n Powere prestasie het vanjaar aan die Noord-Kaap die titel van swakste provinsie in die land ten opsigte van vullisterreine besorg. Slegs 8% van diรฉ provinsie se vullisterreine wat as deel van AfriForum se jaarlikse vullisterreinverslag geoudit is, voldoen aan die mees basiese vereistes van vullisterreinbestuur.
Ander provinsies kan egter nie vinger wys oor diรฉ titel nie: Die verslag toon dat slegs 22% van vullisterreine in die land โ oftewel net sowat een uit elke vyf terreine โ aan die minimum vereistes vir verantwoordelike afvalbestuur voldoen. Uit die 169 terreine (van 544) wat oor die land heen geoudit is, het 131 nie eens aan die mees basiese vereistes voldoen wat bedoel is om gemeenskappe en die omgewing teen besoedeling te beskerm nie.
Die ouditresultate wat vroeg in September bekend gemaak is, toon dat Gauteng en die Wes-Kaap die enigste twee provinsies is waar die meerderheid vullisterreine aan 80% of meer van die ouditvereistes voldoen en derhalwe die oudit geslaag het.
Gauteng bly vir die tweede agtereenvolgende jaar die beste presteerder, met โn gemiddelde nakomingspunt van 84%, terwyl die Wes-Kaap 66% behaal het. Die meeste vullisterreine wat die oudit geslaag het, is wel in die Wes-Kaap gesetel.
โMunisipaliteite is veronderstel om gemeenskappe teen besoedeling te beskerm, maar die meeste stortingsterreine is wetteloos en gevaarlik. Met slegs 22% van terreine wat hierdie oudit slaag, is dit duidelik dat die meerderheid munisipaliteite nie in staat รณf bereid is om hierdie basiese funksie van dienslewering te verrig nie,โ sรช Marais de Vaal, AfriForum se raadgewer vir omgewingsake en samesteller van die ouditverslag.

Algemene probleme by die terreine wat die oudit gedruip het, sluit in gebreekte weegbrรปe, โn gebrek aan toegangsbeheer en sekuriteit รฉn die storting van skadelike vullis weens vragte vullis wat nie na behore ondersoek word nie. โn Algehele gebrek aan kompaktering en bedekking van vullis is ook algemeen op hierdie terreine, asook die voorkoms van brande, afwesige personeel en die teenwoordigheid van informele herwinnaars wat in onveilige toestande sonder beskermende toerusting of munisipale registrasie op vullisterreine werksaam is.
Vullisterreine in die munisipaliteite waarin AfriForum se 165 takke oor die land heen gesetel is, word geoudit. Hiervan word ‘n aantal tans gerehabiliteer, terwyl ander gesluit is.
Noord-Kaap ontvang gemiddelde nakomingspunt van 13%
Die Noord-Kaap kon in geheel net โn gemiddelde nakomingspunt van 13% behaal en het net-net beter gevaar as die Vrystaat met โn gemiddelde nakomingspunt van 18%.
โn Totaal van 72% van terreine wat in die Noord-Kaap geoudit is, kon nie eens โn 10%-nakomingspunt kry nie. Hiervan het die volgende tien terreine โn 0%-nakomingspunt behaal:
Britstown (Emthanjeni-munisipaliteit); Douglas (Siyancuma); Hanover (Emthanjeni); Hartswater (Phokwane); Kakamas, Keimoes en Lennertsville (Kai !Garib); Kamieskroon (Kamiesberg); Springbok (Nama Khoi) en Williston-terrein (Karoo Hoogland).
“Met โn nakomingspunt van 0% is Hartswater se munisipale vullisterrein die toonbeeld van onverantwoordelike vullisterreinbestuur.
Die Hartswater-vullisterrein. “Geen toegangsbeheer of inspeksie van vullis wat gestort word vind plaas nie, en die onwettige storting van bande en karkasse is waargeneem. Met geen werkende masjinerie of personeel teenwoordig om โn bedryfsplan uit te voer nie, word vullis nie gekompakteer of met grond bedek nie, die wind waai vullis en die rook van brandende vullis na naburige woongebiede, en die terrein word deur informele herwinners beset”, aldus die verslag.
Die ouditresultate toon ernstige sistemiese verval ten opsigte van vullisterreine in die provinsie en bevestig weer dat vullisterreine in diรฉ provinsie ernstige risikoโs inhou en waarskynlik skuldig is aan lug-, water- en grondbesoedeling.
Ander terreine in die Noord-Kaap wat geoudit is, het soos volg gevaar:
Deben, Delportshoop, Hopetown, Pampierstad, Postmasburg en Strydenburg het elk 2% gekry. Die wat 4% gekry het, is Griekwastad en Kathu, terwyl Warrenton 14% gekry het, Prieska 22%, Upington 38% en Kimberley 54%. Verlede jaar het Upington 12% ontvang en Kimberley 36%.
Die uitblinkers is Orania met 82% en Jan Kempdorp met 96%. Verlede jaar het Jan Kempdorp slegs 6% ontvang.
Gauteng: nakomingspunt van 84%
In diรฉ provinsie het Alberton (Platkop) en Pretoria (Mooiplaats) elk 100% ontvang. Boksburg (Rooikraal) het 98% ontvang, en Pretoria (Bon Accord) en Springs (Rietfontein) elk 96%, terwyl Soshanguve 72% behaal het, Pretoria (Hatherley) 68%, Bronkhorstspruit 66% en Ga-Rankuwa 60%.
Wes-Kaap: nakomingspunt van 66%
Gansbaai, Gordonsbaai-oorlaaistasie, Hermanus, Langebaan-oorlaaistasie, Malmesbury (Highlands), Paarl-oorlaaistasie, Stellenbosch en Vredenburg het elk 100% behaal, Wellington 90%, Mosselbaai (Groot Brak) 86% en George (Gwaing) 84%. Onderaan die provinsie se lys is Ashton met 16%, Nuwerus met 14% en De Doorns en Knysna (Old Place) met 4%. Klawer het 0% behaal. Bellville se terrein word tans rehabiliteer.

Oos-Kaap: nakomingspunt van 61%
Oos-Londen (Roundhill) het 100% behaal, gevolg deur Cradock (Nxuba) met 86% en Humansdorp met 80%. Onderaan diรฉ lys van terreine wat geoudit is, is Uitenhage (Kariega) se Rosedale-oorlaaistasie met 40%. Port Elizabeth (Gqerberha) se Arlington-terrein het 48% verwerf.
Kwa-Zulu Natal: Nakomingspunt van 46%
Die Amanzimtoti-Seadoone-oorlaaistasie is diรฉ provinsie se toppresteerder met 98%, en Richardsbaai (Empangeni) tweede met 88%. Ander wat geoudit is, het soos volg gevaar: Dundee 72%, Margate 66%, Pongola 32%, Paulpietersburg 30%, Newcastle 22%, Utrecht 28%, Hluhuwe 14% en Vryheid 10%.
Limpopo: Nakomingspunt van 41%
Tzaneen se vullisterrein het die beste met 82% gevaar, gevolg deur Messina (Musina) in die tweede plek met 78%. Marble Hall het 70% ontvang, Ellisras (Lephalale) 64%, Groblersdal 60%, Pietersburg (Polokwane) 58%, Warmbad (Bela-Bela) 56%, Hoedspruit 54%, Potgietersrus (Mokopane) 40%, Phalaborwa 6%, en Naboomspruit, Nylstroom (Modimolle), Roedtan en Thabazimbi het elk 0% ontvang.
Mpumalanga: Nakomingspunt van 40%
Die Hendrina-oorlaaistasie is die toppresteerder met 88%, gevolg deur Middelburg (Dennesig-oorlaaistasie) met 70%, en Nelspruit (Mbombela) met 68%. Onderaan die lys is Dullstroom en Kinross met 2%, en Evander, Lydenburg (Mashishing), Machadorp (eNtokozweni) en Morgenzon met elk 0%.
Noordwes: Nakomingspunt van 36%
Mooinooi (met Sibanye-Stillwater Interwaste as verantwoordelike instelling) is bo-aan die lys met 98%, gevolg deur Rustenburg (Waterval) met 96%, en Brits (Hartbeesfontein) met 88%. Bloemhof, Swartruggens en Ventersdorp het elk 8% behaal, Schweizer-Reneke 6% en Koster en Lichtenburg elk 0%.
Die Orkney-oorlaaistasie is as “te gevaarlik” geรฏdentifiseer om vir oudit-doeleindes te besoek.

Vrystaat: Nakomingspunt van 18%
Die Vrystaat se toppresteerder is Sasolburg se Vaalpark-oorlaaistasie met 86%, Bethlehem in die tweede plek met 44%, en Theunissen in die derde plek met 42%. Welkom en die toerismedorp Parys het elk 8% behaal, Bothaville, Viljoenskroon en Reitz elk 4% en Hennenman 0%. Bloemfontein se Noord-terrein het 18% behaal, en die Suid-terrein 30%.

Noord-Kaap: Nakomingspunt van 13%
(Sien bo)
Gevare van vullisterreine
Daar is โn aantal risikoโs en gevare vir mense wat naby vullisterreine woon of werk. Dit sluit die volgende in:
- Vullisterreine kan baie onveilig, lawaaierig, onwelriekend en visueel onaantreklik wees.
- Voertuie wat vullis op- of aflaai, kan veiligheidsrisikoโs inhou.
- Selfontbranding en brande op vullisterreine kan die lug besoedel.
- Besoedeling op die terrein kan die omliggende natuurlike waterbronne en grond besoedel.
- Mense kan siek word indien hulle die besoedelde lug inasem, giftige water drink of kos eet wat in vergiftigde grond gekweek is.
- Mense kan siektes soos kanker of asma en ander long- en borskwale ontwikkel.
- Geboortedefekte kan voorkom en kinders wat naby vullisterreine grootword, kan swak en sieklik wees.
- Vullisterreine lok kiem- en siektedraende gediertes en insekte soos rotte, muise en vlieรซ, wat siektes kan oordra aan mense wat in direkte aanraking daarmee kom.
Mees algemene tekortkomings tydens oudits waargeneem
- Inligting soos die vullisterrein se permit of lisensie is nie geredelik aan die publiek beskikbaar nie.
- Daar is โn algehele gebrek aan toegangsbeheer, veiligheid en sekuriteit.
- Geen inspeksie van vragte word gedoen nie.
- Ontoelaatbare tipes vullis word gestort.
- Stortingstariewe word nie ingevorder nie.
- Kritieke infrastruktuur, soos weegbrรปe, is buite werking.
- Paaie word nie in stand gehou nie.
- Masjinerie om vullis te hanteer is afwesig of buite werking.
- Vullis word nie gekompakteer en met grond bedek nie.
- Brande kom op vullisterreine voor.
- Personeel is afwesig.
- Informele herwinners is op die meeste vullisterreine woonagtig, werksaam binne operasionele areas van die vullisterrein, dra nie beskermende klere nie en is ook nie deur die munisipaliteit geregistreer nie.
Hoewel AfriForum te kenne gee dat informele herwinning โn rol speel in Suid-Afrika se breรซ vullisbestuurstelsel, moet dit steeds binne die raamwerk van die wet geskied. Hulle moet onder meer beskermende kleredrag dra en mag slegs werksaam wees in ‘n afgebakende sorteringsarea en nie op die operasionele area van die vullisterrein nie.
Vullisbestuur-wetgewing bestaan, maar word nie toegepas nie
Die #SkoonSA-inisiatief is in Mei 2014 deur AfriForum geloods, met die doelwit om โn positiewe verandering in die bestuur van vullis in Suid-Afrika te bewerkstellig. Volgens die organisasie kan daar min fout gevind word met die Suid-Afrikaanse wetgewing om afval na behore te bestuur, maar dit lyk egter nie of die toepaslike wetgewing toegepas of afgedwing word nie.
Daar word voorgestel dat eenvormige maatreรซls ingestel moet word wat daarop gemik is om die hoeveelheid afval wat gegenereer word te verminder en te verseker dat dit โ waar moontlik โ hergebruik, hersirkuleer en op โn omgewingsvriendelike wyse herwin word, of veilig behandel en vernietig word.

AfriForum sal die ouditbevindings aan die departement van bosbou, visserye en die omgewing voorlรช en eis dat munisipaliteite aanspreeklik gehou word vir hul mislukteย pogings om vullisterreine te bestuur. Die burgerregteorganisasie sal ook voortgaan om gemeenskapsgebaseerde oplossings te bevorder, soos sy vullisverwyderingsdiens in Bloemfontein en landswye herwinningsprojekte. Dit is slegs deur hierdie pogings wat gemeenskappe voorspoedig sal wees ongeag die toestande waarin munisipaliteite hulself bevind.
โDie enigste volhoubare manier om aan gemeenskappe se behoefte vir verantwoordelike vullisbestuur te voldoen, is om nouer samewerking tussen munisipaliteite en gemeenskappe te bewerkstellig. As gevolg van munisipaliteite se voortgesette gebrek aan behoorlike dienslewering, word individue met geen ander keuse gelaat as om alternatiewe op die been te bring om gemeenskapselfstandigheid te bewerkstellig nie,โ sluit De Vaal af.




You must be logged in to post a comment.