’n Nasionale boogskiettoernooi, waaraan ongeveer 1 000 skuts deelneem, vind eersdaags in Kimberley plaas.
Africa Genesis Archery (AGA) se nasionale toernooi vind van Woensdag 25 September tot Saterdag 28 September by 10 Lugafweer-regiment in Genl. Ken van der Spuy-laan in Diskobolos plaas.
Skuts van al die provinsies, behalwe vanaf KwaZulu-Natal, neem oor dié vier dae aan die toernooi deel.
Die deure open reeds om 07:30 en enigeen is welkom om dit by te woon.
Toegangsgeld van R10 word per persoon gevra.
Dit is ten bate van een van die skuts, ’n hoërskoolleerling, wat onlangs met limfklierkanker diagnoseer is.
Kosstalletjies sal ook beskikbaar wees.
Vir meer inligting, bel André Venter by 082-717-0698 of Dawid de Greeff by 073-030-2909




