Die afgelope dae se matige wintertemperature het veroorsaak dat warm baadjies in die kas bly hang het. Volgens die weerwebwerf yr.no gaan die einste baadjies vandeesweek nadergetrek word. Vir die volgende sewe dae word die gemiddelde minimum temperatuur vir Kimberley as 2,5 °C voorspel (met -1 °C vir Saterdag), en die gemiddelde maksimum as 16 °C (met slegs 11 °C vir volgende Woensdag). Vir Kuruman is dit onderskeidelik 3,7 °C en 18 °C, en vir Upington 4,7 °C en 18 °C.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article