- Tien vragte afval, onder meer takke en gras, is onlangs uit ’n park in Kuruman weggery.
Dit is gedoen nadat dié dorp se tak van AfriForum besluit het om die dorp weer netjies te maak. Die Ga-Segonyana-munisipaliteit het handearbeid verleen en toerusting verskaf om hiermee te help.
Op 15 Augustus het 40 mense met bossiekappers en grassnyers die park, wat oorkant die Kuru-Kuru-gastehuis op die hoek van Bucklestraat en Armstronglaan geleë is, opgeruim.
Hierdeur is dit ook beveilig, aangesien vroue wat deur die park huis toe stap al hier beroof is.
- Intussen veroorsaak ’n oorstroomde rioolstelsel in Mapoteng-Sesheng in die Gamagara-munisipaliteit dat ’n pad gesluit is en ’n onderneming sukkel om sake te doen. In ’n verklaring sê DA-raadslid Boitumelo Sebego dat dié rioolprobleem reeds twee maande gelede by die munisipaliteit aangemeld is.
Die oorstroomde riool strek glo tot amper by die voortrappe van ’n supermark, terwyl die padsluiting toegang tot die winkel en ander geriewe ernstig belemmer. Die situasie hou ook ’n gesondheids- en veiligheidsgevaar in, en die stank maak dit vir inwoners ondraaglik, sê Sebego. ’n Ou en onvoldoende grootmaat-infrastruktuur dra glo deels tot die probleem by.
- Die Marchand-kliniek, in die omgewing van Kakamas, word erg deur gedurige diefstal en vandalisme geraak.
Omheinings rondom die kliniek word glo gebreek vir toegang tot die perseel, en in die nag word dit ’n “speelplek vir misdadigers”, sê Ralph Cloete, DA-raadslid van die Kai !Garib-munisipaliteit.
Kragkabels word gesny, diefwering gebreek en toerusting beskadig en goedere gesteel. Boonop moet die kliniek gereeld, weens vandalisme of swak munisipale dienslewering, sonder lopende water klaarkom, hetsy weens vandalisme of swak munisipale dienslewering. Personeel moet dan emmers water aandra dan emmers water aandraaandra om hul dienste te kan lewer.
Hoewel personeel reeds sake reeds by die polisiekantoor ingedien is, is niemand nog aangekeer nie.
Bykomende veiligheidsmaatreëls word dringend bepleit “voordat daar niks van Marchand-kliniek oorbly nie,” sê Cloete.





