Altesame 5 608 voertuigkapings is slegs in die laaste drie maande van verlede jaar by die polisie aangemeld. Vier-en-veertig mense is in die kapings vermoor, luidens die polisie se jongste misdaadstatistiek wat van Oktober tot Desember 2022 strek.

Die helfte van die moorde is in Gauteng gepleeg, waar die meeste kapings ook aangemeld is. Die tipe voertuie wat gekaap is, is 2 814 motors, 1 697 bakkies, 390 ligte afleweringsvoertuie, 257 minibusse, 199 motorfietse en vyf busse. Sedert 2018 styg motorkapings jaarliks.

In die Noord-Kaap is in dié tydperk sewe motors gekaap, en niemand is tydens ’n kaping vermoor nie.

Inligting wys daarop dat kapings die meeste van Woensdae tot Vrydae van 16:00 tot 20:00 plaasvind.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article