Matrikulante aan die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) in Kakamas het verlede week hul matriek-uitstapdag beleef. Dié geleentheid is soos voorheen in die NG kerk Kakamas aangebied, waartydens die gr. 12-leerlinge die HMO-familieboek geteken het en ook die eksamen-eed van die nasionale departement van onderwys onderteken het. Vroeër in die week het die matriekteeparty saam met die onderwysers en die gr. 12-ouers plaasgevind. Die matriek-uitstapdag is met die uitklokseremonie afgesluit, waarin matrikulante elkeen ’n beurt gekry het om die klok op die skoolterrein te lui.

Foto: Facebook/Hoërskool Martin Oosthuizen

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article