Die DA se federale leier, Mmusi Maimane, Vrydag (25/01) voor die Noord-Kaapse premier, Sylvia Lucas, se kantoor met memorandum in die een hand en kitskos in die ander.

Christiaan Cloete

Die DA se federale
leier, Mmusi Maimane, is vanoggend met ’n Streetwise 2 Combo van KFC en ’n
memorandum na die Noord-Kaapse premier, Sylvia Lucas, se kantoor.

In die memorandum
dring die DA ondermeer aan op vaardigheidsontwikkeling vir jongmense in die
provinsie, die skep van werksgeleenthede, groei vir kleinsakeondernemings,
sowel as ’n einde aan magsmisbruik en korrupsie.

Maimane het
tydens ’n toespraak voor die premier se kantoor gesê die meer as R50 000 wat
Lucas op kitskos spandeer het kon eerder gebruik word vir vaardigheidsontwikkeling
vir die jeug.

Die memorandum is
ontvangs geneem maar die premier se kantoor wou nie die kitskospakkie aanvaar
nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article