Groot skade is in die vroeë oggendure van Vrydag 3 Mei aan ’n sakesentrum in Scottstraat in die Upington-middedorp aangerig nadat ’n brand in die gebou ontstaan het. Die gebou se boonste verdieping is vernietig. Niemand is beseer of dood nie, en die oorsaak van die brand word ondersoek. Ook in Upington, is ’n ma en haar drie minderjarige kinders Donderdagaand dood nadat hul sinkhuis aan die brand geraak het. Beaulah Basson (40) en haar kinders van vyf, ses en nege jaar oud het in die brand omgekom. Sers. Omphile Masegela, polisiewoordvoerder, sê die brand het vermoedelik ontstaan deur ’n brandende kers wat omgeval het.

Foto: Anena Burger

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article