Drie rugbywedstryde het verlede week as deel van die Griekwaland-Wes Rugby-unie se Kimberley-streeksliga plaasgevind.
Hiertydens het die span van die Hartswater-rugbyklub die Rooikatte met 41 – 20 geklop; Kimberley vir Douglas met 46 – 21; en die Universal Rugby Football Club vir Sol Plaatje-Universiteit (SPU) met 64 – 22.
Die Kimberley-rugbyklub is eerste op die punteleer met 51 punte, dan Douglas tweede (46), en Universal derde (38).
Die streeksliga-eindstryd tussen Kimberley en Douglas vind op 24 Junie in die Diamantstad plaas.



