Volgens wet moet daar openbare deelname wees as plekname verander gaan word.
Met die padwerke om Kathu geld dié wet blykbaar nie.
Reitzhof het nou Rietzhof geword, en Postmasburg is nou Postmansburg.
Dit het ons padverbruikers aan die wonder: Is dit ’n doelbewuste verandering, of is dit ’n spelfout?
Indien dit wel ’n spelfout is, laat dit my wonder oor die tipe skoolopleiding wat die verantwoordelike persone gehad het.
Of is dit ’n IK-probleem?
Ek neem aan die spelfoute gaan nie reggestel word nie want om die padtekens te vervang gaan geld kos.
Kathu


