NoordkaapBulletin is sedert 1982 ’n betroubare nuusbron in die Noord-Kaap en dele van die Noordwes-provinsie. Dit verskyn elke Donderdag as ’n tweetalige, gedrukte koerant.
Benewens die koerant se webblad op Netwerk24 en News24 – wat lesers kan lees gelees kan word sonder om ’n intekenaar op dié nuusdienste te wees – word berigte en inligting daagliks op Facebook geplaas.
’n Elektroniese nuusbrief, wat gratis een maal per maand na e-pos adresse versend word, rond die pakket af.
Stuur ’n e-pos na noordkaap@media24.com om hierop in te teken.
Nuuskierig hieroor
Nuus oor mense, munisipale gebeure, klubs, skole, projekte, organisasies, sport en stokperdjies is van die soort nuus waarin die koerant belangstel.
Lesersbriewe is welkom; so ook nuuswenke uit die 23 dorpe in die verspreidingsgebied en die omliggende streke.
Stuur nuus na helena.barnard@media24.com.


