Die Desembervakansie het vir talle aangebreek, en soos hierdie rob by Kleinzee aan die Noord-Kaapse kuslyn sien vakansiegangers uit na luilekker oomblikke in die warm somerson langs verkwikkende koel water. Die uitgestrekte Noord-Kaap met sy kontrasterende landskappe – van lowergroen gebiede langs die Oranjerivier, woestynagtige landskappe tot ’n verrassende kuslyn van 300 km – bied iets vir elke vakansieganger se smaak. Leer ken jou buurt, jou omgewing, jou provinsie. Besoek experiencenortherncape.com vir idees.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article