Lede van die Kathu-veerpyltjieklub is onlangs tydens die klub se jaareindfunksie vir hul prestasies deur die jaar erken. Diรฉ klub, wat in 2020 ontstaan het deur spelers wat sosiaal by vriende se huise of motorhuise byeengekom het, is in November 2023 by Darts South Africa (DSA) registreer.
Veerpyltjies is ‘n amptelike sportsoort en uitblinkers het die geleenthede om provinsiaal, nasionaal en selfs internasionaal deel te neem en te presteer. Dit is lank reeds nie meer net vermaak in ‘n kroeg nie en het ‘n integrale deel van die Suid-Afrikaanse sportkultuur met georganiseerde kompetisies en streeksverenigings geword.
Vaardighede soos konsentrasie, hand-oog-koรถrdinasie, spanwerk, selfvertroue, dissipline, geduld, respek en om ‘n veerpyltjie reguit te kan gooi, word in diรฉ sportsoort aangeleer en is nodig om hierin uit te blink. Dit is boonop ‘n individuele sowel as ‘n spansport.

Diรฉ lede vereer
By die jaareindfunksie op 28 November by Doringdraad het die volgende vroue eerbewyse ontvang:
- Anna-Marie Esterhuizen: opkomende speler van die jaar; en
- Zelda Janse van Vuuren: wisseltrofee en trofee vir “highest cherry close” op 67; wisseltrofee en trofee vir klubspeler van die jaar.
Mans:
- Theuns Potgieter: lapelwapen vir een 180;
- Edrich du Toit: wapen vir een 180;
- Abri Janse van Vuuren: wapen vir een 180; en medalje vir “high score close”: 100 – 120 (117, 100, 100);
- Stephan Maritz: wapen vir drie 180’s; en medalje vir “cherry close” op 66;
- Kurt Viewe: wapen vir een 180; wapen vir “high score close” 120 – 150 (146); medalje vir “high score close” 100 – 120 (105); en medalje vir “cherry close”;
- Paul Groenewald: wisseltrofee en trofee vir meeste 180’s (5); medalje vir “cherry close” op 67; trofee vir opkomende speler van die jaar; en
- Mark Smith: wapen vir vier 180’s; medalje vir “high score close” 100 – 120; wisseltrofee en trofee vir “highest cherry close” (115); wisseltrofee en trofee vir klubspeler van die jaar.
DSA-lede – Smith, Maritz, Viewe, Ronald Adams en Potgieter – het ook elk ‘n trofee ontvang.
Jonk en oud aangemoedig om deel van klub te word
Die klub poog om kinders by diรฉ sportsoort te betrek. Sรณ het die klub in November ‘n geleentheid by die Laerskool Kathu aangebied waartydens kinders touwys hierin gemaak is.

‘n Totaal van 27 geesdriftige leerders het ingeskryf om meer te leer oor hierdie sportsoort met sy oorsprong in Middeleeuse Engeland. Die leerders is deur tien lede van die klub afgerig en gementor. Basiese beginsels is aan diegene geleer wat nog nooit veerpyltjies gepeel het nie, en diรฉ met ‘n bietjie ervaring het ‘n paar verfynde tegnieke aangeleer.
Die voorsitter van die klub, Kurt Viewe, moedig jongmense wat veerpyltjies as ‘n sport wil opneem, aan om lede van die klub te word. Behalwe dat kinders wat presteer ook die geleentheid het om wyer deel te neem, bied die klub ‘n veilige ruimte waarin dit beoefen word.

Hoewel die spel van veerpyltjiesgooi in ‘n verskeidenheid ruimtes beoefen word, is die akkurate opstel van die veerpyltjiebord belangrik. Dit moet ‘n sekere hoogte gehang word, en die afstand wat die speler van die bord af staan moet ook akkuraat wees om sodoende gewoond te raak aan provinsiale en nasionale standaarde. ‘n Bord moet ook verkieslik binnenshuis opgestel word omdat wind die spel kan beรฏnvloed.
Klubbyeenkomste vind op Maandae, Woensdae en Vrydae in die ou FNB-gebou agter Shoprite plaas. Die Kathu-veerpyltjieklub is ‘n nie-winsgewende organisasie wat daarna streef om uit te brei en die jonger geslag by ‘n sport te betrek waaraan oud en jonk kan deelneem, en om aan diegene wat ‘n talent in die sport het ‘n geleentheid te bied om wyer te presteer.
- Vir meer inligting, bel die voorsitter, Viewe, op 073 376 8868, sekretaresse Zelda Janse van Vuuren op 071 264 8390 of die tesourier Ronald Adams op 082 677 0904, of besoek Kathu Dart Club op Facebook.







You must be logged in to post a comment.