Wat as ’n stokperdjie begin het, hou Willie Niemann van Kimberley nou bykans heeltyds besig. Niemann maak allerlei produkte van metaal en vertel dat sy modelle van voertuie nou baie gewild raak, en ook die potjiekosstowe. Niemann was Saterdag (03/12) een van talle stalletjiehouers wat op die maandelikse Route 64-mark by die Gumtree Lodge, langs die R64-roete na Boshof, uitgestal het. Hierdie naweek vind Kimberley Markets se Kersmark by die Groot Gat plaas. Vrydag (09/12) duur die mark van 15:00 tot 20:00, en Saterdag van 09:00 tot 20:00.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article