’n Kwiltuitstalling vind Maandag 25 September van 12:00 tot 16:00 by die NG kerk Kimberley-Wes plaas.
Besoekers aan dié uitstalling kan ook ontspan en koffie en eetgoed wat die Vroue-Landbouvereniging (VLV) verkoop, geniet. Die ingang na die perseel is oorkant die Laerskool Kevin Nkuane in Howieweg, Verwoerdpark.
’n Toegangsfooi van R20 per persoon wat die uitstalling wil besigtig, is ter sprake.

Vir ’n eerste maal word ’n “quilting sew-cial”-klas in Kimberley aangebied, wat Dinsdag en Woensdag plaasvind. Dié klas word deur ’n geakkrediteerde leermeester van die Suid-Afrikaanse Kwiltersgilde aangebied, en is reeds vol bespreek.
Om kwiltwerk te doen word nie net as ’n kunsvorm beskou nie, maar ook as ’n soort van ’n toevlugsoord of stille afsondering.
Sonja Greyling, wat betrokke is by ’n groep in Kimberley wat kwiltwerk doen, vertel dat die groep elke tweede Saterdag byeenkom. Belangstellendes is welkom om by die groep aan te sluit.
Bel vir Greyling by 082-339-7967 vir meer inligting.





