Die Kalahari-kuierfees in Upington bied verskeie geleenthede vir fikses en nie-fikses om aktief te wees.
Op Vrydag 30 September om 18:00, vind die halfmarathon plaas; en om 18:30 die 10 km-wedloop. Om 19:00 vind die 5 km-color run-wedloop plaas waar deelnemers kan stap of draf. Die gebruik van ’n koplig by al die wedlope is verpligtend.
Op Saterdag 1 Oktober vind die bergfietswedren om 07:00 plaas. Deelnemers kan 30 km of 60 km ry. Op die dag vind die Upington Off-road Bike Club se verskeie wedrenne om 08:30 plaas.
Vir meer inligting, besoek die Facebook-blad.



