Vir die tiende seisoen van kykNET se koswerklikheidsreeks, diรฉ keer getiteld Kokkedoor: Son en See, gaan koskenners Herman Lensing (37) en Yolani Abrahams (32) besluit wie koning kraai.

Die prysgeld vir die wenspan is R500 000.

Volgens Kokkedoor se publisiteitsbestuurder, Wilmer Mรผller, moet deelnemers hulle as ‘n span van twee familielede inskryf en moet daar boonop ‘n ouderdomsgaping van minstens 20 jaar tussen die twee spanlede wees.

Dit kan byvoorbeeld ‘n ouma en ‘n kleindogter, ‘n ma en seun, skoonsusters of niggies en neefs wees โ€“ solank daar ‘n familieverband is en die jongste spanlid minstens 18 jaar oud is.

Huiskokke word gesoek, en nie deelnemers met ‘n kwalifikasie as professionele sjef nie.

“Die kollig gaan val op die nostalgiese rol wat kosmaak in ‘n familieverband speel en die manier waarop dit soos ‘n goue draad tussen die verskillende geslagte loop,” sรช Mรผller.

Kry die aansoekvorm by kyknet.tv en volg die stappe daarin, of stuur ‘n e-pos na navrae@kokkedoor.tv.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 30 April.

Oudisies word van 5 tot 9 Mei in Kaapstad gehou.

Verfilming van die reeks vind van 20 Junie tot 3 Julie in Struisbaai plaas, en dit word in November en Desember uitgesaai.

Aanbieders van vanjaar se Kokkedoor-kosprogram.
Yolani Abrahams en Herman Lensing, die beoordelaars vir die werklikheidsreeks Kokkedoor: Son en See. Foto: Gys Loubser

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article