NoordkaapBulletin, reeds sedert September 1982 ’n betroubare nuusbron in die Noord-Kaap, se digitale voetspoor vergroot.

Die gedrukte koerant verskyn steeds elke Donderdag en word in Kimberley en 22 ander dorpe versprei.

Met dié publikasie se weeklikse, gratis nuusbrief kan nog meer lesers bereik word. Die nuusbrief word per e-pos versend, en is die ideale platform om nuus en geleenthede wyd bekend te maak. Dit kan op rekenaars of selfone gelees word.

Deel van die digitale voetspoor is die koerant se Facebook-blad Noordkaap koerant wat deur meer as 51 050 volgelinge besoek word, en daagliks groei.

Op die Facebook-blad word die nuutste nuus daagliks geplaas.

Om die nuusbrief op Vrydae te ontvang, stuur ’n e-pos na noordkaap@media24.com

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article