Inwoners van Keimoes glo dat die oorstroming van ’n verstopte rioolpyp in ’n woonbuurt in die dorp, wat reeds sewe jaar duur, iets van die verlede kan wees.
Die riooloorstroming weens die verstopping het ’n permanente wateroppervlak gevorm, en is al telkens by die Kai !Garib-munisipaliteit en betrokke direkteure aangemeld, maar sonder sukses.
Nadat die DA ’n klag by die Menseregtekommissie (MRK) gelê het, het ’n lid van die kommissie die dorp verlede week besoek.





