Om bewusmaking oor eie veiligheid te verskerp, het lede van die SAPS die Kathu Goue Gerwe, ’n groep vir bejaardes, besoek.
Sers. Eugene van Wyk het die metode gewys oor hoe om ’n handsak om die nek te dra omdat handsakke ’n gewilde teiken vir grypdiewe is.
Riglyne is ook gegee vir veiligheid by huise. Van Wyk het gesê ’n hond wat blaf, blaf nie verniet nie. Hy sou ook reël dat elke bejaarde ’n noodfluitjie ontvang en ’n kaartjie met noodnommers.
Charlotte Payne van Woman Against Crime het ook die besoek meegemaak.
Die bejaardes van Goue Gerwe vergader elke Dinsdag om 10:00 by die NG kerk Kathu. Hulle bak en verkoop ook elke Vrydagoggend pannekoek voor die Pick n Pay in die Heritage Mall.
Bel Susan van der Berg by 084-701-0894 vir meer inligting.




