“Cleanliness is next to godliness, whatever that means. But the trouble with that sort of approach to life is that it never ends. Yes, you can take time to pick the weeds from the pavement outside and scrub your skirting board and make sure there’s no dust collecting in any evil corners but you had to keep on doing it. If I had to do it all this week and then again next week and then the week after that, why not just leave it till next month? Or preferably next year?” – Helen Harper, Spirit Witch
Eens die trots van die provinsie. ’n Atletiek- en sportstadion waar kinders hul talente slyp, waar ouers, vriende, kollegas en geesdriftiges saamkom en juig oor prestasie en vooruitgang, oor ambisie en sukses.
’n Pragtige stadion, groot badkamers, kombuise, kantore, ’n sportveld met al die geriewe waaroor voorheen benadeelde mense gedroom het, daar waar hulle apart in huisies ver van enige geriewe ingedwing is.
So 30 jaar gelede word die stadion ’n plek waar mense verenigde burgers word wat die land en sy mense wil dien.
Waar almal gelyke regte het en saam in hul gedeelte menswees vooruit wil gaan.
Gelyke regte, lyk dit egter, beteken nie meer wat dit voorheen beteken het nie.
Sekere regte is glo meer gelyk as ander.
Werk en ywer het doodgeloop en uitgebloei.
Fluksheid het ’n vloekwoord geword. Orde en trots het vervaag.
Oorheers deur diegene wat dink ons hoef niks meer te doen nie.
Alles sal eendag tog vergaan.


