“You may tell a tale that takes up residence in someone’s soul, becomes their blood and self and purpose. That tale will move them and drive them and who knows that they might do because of it, because of your words. That is your role, your gift.” – Erin Morgenstern, The Night Circus

Die vakansiedag het yskoud begin, maar min is so vertroostend soos warm koffie en vars beskuit.

Geselsies en skertsery maak ook die binneste gou warm, al staan jy in ’n begraafplaas tussen die lang bome en geel gras.

Hier lê mense wat aan siektes, tydens geboorte, in perdry­ongelukke en oorloë heengegaan het.

’n Mens wonder watter stories hulle jou aan vertel van hoe hulle oorleef het, en wat hulle jou oor vandag se menswees sal vra.

Wat sal hulle van ons leefstyl dink? Dalk dink hulle ons leef makliker, of moeiliker. Is ons gesonder, of siekliker? Is ons gelukkiger as hulle, of nie?

Stories wat in die fluisteringe hang, is wat geslagte en kulture aan mekaar bind.

Wanneer jy op die slagveld staan en die storieverteller die uitleg daarvan deur Boer of Brit se oog verduidelik, staar jy oor die kim, verbeel jou die waens wat kraak, perde wat proes, soldate wat gespanne deur oogstukke kyk en wonder waar die Boere en agterryers skuil.

Hulle is anderkant die koppe, besig met planne om die oormag te uitoorlê.

By die gedenkstene ruk die wind aan jou, stemme dryf weg, trane wel op. Ons erfenis leef.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article