“It is a wise thing to be polite; consequently, it is a stupid thing to be rude. To make enemies by unnecessary and willful incivility, is just as insane a proceeding as to set your house on fire. For politeness is like a counter – an avowedly false coin, with which it is foolish to be stingy.” – Arthur Schopenhauer, The Wisdom of Life and Counsels and Maxims

’n Mens weet jy moet dit laat gaan en daarvan vergeet, maar ’n ongeskikte mens kan jou dag erg bederf.

Dit is vroegoggend. Die vloere is gestofsuig en gewas, werk is aan kliënte gelewer, papierwerk word op datum gehou. Dit is ’n vlytige, vriendelike dag.

Tot daardie oproep, kort voor 09:00, wat die lus blus.

Soos ’n nat kombers op ’n gesellige vleisbraaivuurtjie.

Die persoon sou oor sy veldtog teen swak dienslewering gepraat het. Iemand wat immers opstaan en skop teen die alomteenwoordige lusteloosheid onder burgers, ’n onvermoë om te bly veg. So ’n man verdien mos ’n Bells?

Skielik stel hy nie belang nie.

Koue, afgemete woorde en die klik van die telefoon in die oor.

’n Demper soos min, ’n sug diep uit die siel.

Hoekom? Is hy geïntimideer, die leviete voorgelees, gedreig of omgekoop? Indien wel, wat sal dit kos om die oproep op ’n vriendelike woord te beëindig? Hoekom moet jy ongeskik wees?

Of is dit die teleurstelling in homself, dat hy voor die bose mag van politiekery geswig het, en net weer ’n kriewelende wurm onder die Gucci-skoene van sy kastige leiers geword het?

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article