“If having a soul means being able to feel love and loyalty and gratitude, then animals are better off than a lot of humans.” Só skryf James Herriot in sy boek, All Creatures Great and Small.

Hoe is dit dat mense, wat die verskriklikste dinge op aarde en aan die aarde doen, na diere as slegte wesens verwys?

Sekere politieke partye is veral lief om dit te doen.

Wanneer iemand ’n “dog” is, is hy kamtig sleg. Waar kom dié politici aan die belaglike stellings? Wat het honde ooit aan ’n mens gedoen om die onverdiende etiket te kry?

Ja, daar is honde wat mense al erg gebyt en selfs doodgebyt het, maar was dit werklik die dier se skuld?

In heelwat gevalle is dit mense wat hul honde nie beheer, liefde en aandag gee nie, selfs mishandel. Is dit dan werklik die hond se skuld?

Kyk wat gebeur met kinders wat verwaarloos, mishandel en misbruik word. Hulle kan nie ’n normale lewe lei nie weens hul trauma. Dieselfde met honde wat mishandel word.

Honde word ook deur die mens in hondegevegte vir geldelike gewin misbruik.

Daar is daagliks voorvalle in die land waarin onskuldige diere in gevegte gemartel en beseer word. Boonop is daar boosaards wat ander se geliefde troeteldiere steel om hulle as aas in hondegevegte te gebruik.

Troeteldiere gee werklik liefde en lojaliteit.

Ek dink honde en elke ander dier op aarde moet mense eerder verag. Maar dit is juis wat ’n dier meer eerbaar maak.

Hy doen dit nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article