Van links is Bennie Mans, Stephan Maritz, Niklaas Thirion en Suné du Preez met die sertifikate wat hulle ontvang het.

Foto: Verskaf Credit: SYSTEM

Agt landbouleerlinge van die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) in Kakamas het onlangs aan die Namakwaland-jeugskoukompetisie by die Upington Landbou-ekspo deelgeneem.

Hulle het in die kleinvee-afdelings meegeding, naamlik: vleisbok-, vleisskaap- en melkbokafdeling.

Bennie Mans het ’n tweede plek in die senior vleisskaapafdeling verwerf; Stephan Maritz ’n derde plek in die senior vleisbokafdeling; Niklaas Thirion ’n derde plek in die senior vleisskaapafdeling en Suné du Preez ook ’n derde plek in die senior melkbokafdeling.

’n Oudleerling, Olivia de Beer, was boonop eerste in die senior melkbokafdeling.

Die skool is opgewonde oor die toekoms van die jeugskou, en die pad wat saam met die Namakwaland-jeugskou gestap word.

Die nasionale jeugskoukompetisie word vanjaar in die Wes-Kaap aangebied, en kinders kan reeds van sesjarige ouderdom af in hul ouderdomskategorieë deelneem.

Besoek nays.co.za vir meer inligting.

Beoordeling vind tydens die jeugskou plaas.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article