Inwoners van Griekwastad het op Maandag 12 Februarie die ingange na die dorp en die N8 met brandende motorbande en klippe versper.
Kragtoevoer en waterprobleme, wat glo reeds meer as drie maande duur, is die rede vir die aksie en inwoners sê hulle kry geen antwoord van die Siyancuma-munisipaliteit of Eskom nie. ’n Inwoner vertel die dorp het 70 % van die tyd nie krag nie, en daarom ook nie water nie.



