TJ van der Walt, ’n matriekleerling aan die Hoërskool Hopetown, is in die Suid-Afrikaanse span van 209 atlete wat van 2 tot 12 Desember aan die Afrika-unie Sportraad (AUSC) se Streek V-spele in Lilongwe, Malawi, gaan deelneem.

Meer as 3 000 atlete van tien Suider-Afrika lande gaan in aksie wees. Dit is volgens die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Sascoc).

TJ se naam pryk op die atletiek-wêreldranglys ná sy deelname aan die o.20-wêreldkampioenskapsbyeen­koms in Colombia.

TJ gaan aan die 400 m en die 400 m-aflos deelneem.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article