’n Kunswas-skildery van kunstenaar Hester Roets waar kunswas, ’n strykyster en ’n soldeerbout gebruik is vir die skepping daarvan.

Kunstenaar Hester Roets het die bejaardes van Kathu-Goue Gerwe besoek en in ’n japtrap haar waskuns demonstreer.

Roets het tot onlangs kunswerksessies in ’n verskeidenheid kunstegnieke aangebied, soos onder meer mosaïek, die gebruik van tokreen, brandskilder, harpuiswerk, akriel skink en doop-tegniekgietverf (acrylic pouring dipdipping and pouring), akrielverf, akriel 3D-tekstuurverf, houtskool en krytkuns.

Sy het in die Kathu-omgewing grootgeword en het verskeie diplomas en sertifikate in uiteenlopende vakgebiede verwerf, onder meer in binnenshuise versiering en sielkunde.

Die Goue Gerwe-klub poog om opwindende programme vir die bejaardes van Kathu en omgewing aan te bied.

’n Goue Gerwe-byeenkoms vind elke Dinsdag om 10:00 by die NG kerk Kathu plaas. Persone wat ook graag ’n praatjie of demonstrasie wil lewer, is welkom; of kom toets jou kennis met ’n waar of onwaar-raaisel.

Belangstellendes kan Susan van der Berg by 084-701-0894 bel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article