Die Griekwas se Dylan Maart tydens Sondag 4 Augustus se wedstryd teen die Leeus in Kimberley.

Foto: Facebook/Griquas – G.W.R.U.

Die Leeus het ses drieë gedruk om hul Curriebeker-wedstryd teen die Griekwas op Sondag 4 Augustus in die Suzuki-stadion in Kimberley met 36 – 28 te wen.

Vroeg in die wedstryd het die Leeus die eerste van sy drieë gedruk, maar daarna het die Griekwas twee keer agter die doellyn gaan kuier – met die drie van Cameron Hufke, heelagter, wat ’n juweel was.

Desondanks die voorsprong, het Griekwas daarna die voet van die pedaal afgehaal. Met die omdraaislag was die telling 24 – 14 in die Johannesburgers se guns.

Daar was tye in die eerste helfte dat die Griekwas goeie rugby gespeel het, maar hulle het met tye stoom verloor. Boonop het hulle te veel strafskoppe in die eerste 40 minute afgestaan.

Die tweede helfte het begin met ’n paar stukkies belowende spel van albei spanne. Ongelukkig het albei hulle ook in dié tyd aan foute skuldig gemaak. Griekwas het veral in hierdie helfte goed gespeel en ’n paar keer gevaarlik met die bal in die hand gelyk. Hulle het egter ’n paar foute op die aanval gemaak en die Johan­nesburgers het goed verdedig.

Puntemakers Z Griekwas 28 (14): Drieë: Zane Bester, Cameron Hufke, Connor Mahoney, Tertius Kruger. Doelskoppe: Lubabalo Dobela (4).

  • Die Griekwas meet op Sondag 11 Augustus om 15:00 kragte met die Sharks in die Kings Park-stadion.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article