Die Suzuki Griekwas pak op Saterdag 10 Mei op hul tuisveld in Kimberley die Toyota Cheetahs in ‘n volgende wedstryd in die SA Beker-reeks.
Nรก die Noord-Kapenaars se segetog van 52 โ 5 teen die SWD Eagles in George op 2 Mei, beklee hulle steeds die tweede plek op die punteleer. Hulle het in April ‘n eerste nederlaag in die SA Beker-reeks beleef toe die Pumas hulle met 39 โ 34 geklop het. Dit het daartoe gelei dat die Poubloues hul eerste plek op die ranglys moes afstaan.
Die wedstryd tussen die Griekwas en Cheetahs begin om 15:00. Dit is die laaste wedstryd voor die halfeindstryd op 17 Mei begin. Albei spanne het reeds hul plek in die halfeindstryd bevestig en die kragmeting beloof om ‘n spannende wedstryd met hoรซ-intensiteit te wees.

‘n Skolerugbyfees vind Saterdag van vroeg reeds by die stadion plaas met die jaarlikse FNB Classic Clashes tussen die Hoรซrskool Noord-Kaap en die Hoรซrskool Diamantveld.
Wedstryde is soos volg:
โ 09:30: o.14 op die B-veld.
โ 09:30: o.16 op die hoofveld.
โ 10:30: o.15 op die B-veld.
โ 10:50: o.19B op die hoofveld.
โ 12:40: o.19A op die hoofveld.
As deel van die Griekwas se liefdadigheid word ‘n kombers-insamelingsveldtog ook op die dag begin. Enige kombers โ oud, nuut, vir babas, of vir troeteldiere โ kan deur die week by die Suzuki-stadion in Jacobus Smit-straat, Kimberley, afgegee word, of Saterdag by die toegangshekke.
Koop kaartjies op ticketpro.co.za.
Leerlinge in skooldrag kry gratis toegang.
Volg Griquas โ G.W.R.U. op Facebook.





You must be logged in to post a comment.