In die eerste opwarmwedstryd as voorloper tot die SA Beker-reeks het die Suzuki Griekwas die Luiperds ore aangesit met ‘n sege van 68 – 19.
Dié wedstryd het op Vrydag 6 Februarie by die Gert Lubbe-stadion in Vryburg plaasgevind, en met rustyd het die Griekwas reeds 33 – 12 voorgeloop.
Vanjaar se SA Beker-wedstryde is bevestig en die Suzuki Griekwas is gereed vir die uitdaging.
Tuiswedstryde by die Suzuki-stadion in Kimberley en deurslaggewende wegwedstryde het alles een doelwit – om die SA Beker-eindstryd te bereik en ‘n plek in die 2026 Premierliga Curriebeker.
Die Griekwas se wedstrydbepalings vir die SA-Beker-reeks is:
- 7 Maart: Luiperds, Suzuki-stadion;
- 14 Maart: Valke, wegwedstryd;
- 21 Maart: Border Bulldogs, Suzuki-stadion;
- 28 Maart: Griffons, Suzuki-stadion;
- 11 April: Boland Kavaliers, wegwedstryd;
- 18 April: Oostelike provinsie, wegwedstryd;
- 26 April: Pumas, Suzuki-stadion; 2 Mei: SWD Eagles, Suzuki-stadion; en
- 8 Mei: Cheetahs, wegwedstryd.
Die halfeindstryd en eindstryd vind onderskeidelik op 16 Mei en 23 Mei plaas.





