’n Gratis ondersteuningsessie vir diegene wat depressie, angs of trauma beleef, word eersdaags deur Caritas Gemeenskapsfokus in Kimberley aangebied.

Dit bied ’n veilige omgewing waarin individue deur professionele praktisyns ondersteun word.

Die sessie vind op Maandag 27 Mei om 18:00 by Caritas se sentrum op die hoek van Lawson- en Reservoirstraat in Labram, Kimberley, plaas.

Bevestig bywoning voor of op Donderdag deur 083-415-1484 te skakel.

Vir inligting oor soortgelyke komende sessies, kontak die Caritas-terapiesentrum by terapiesentrum@caritas.org.za, of skakel 087-150-5058.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article