Het jy of enige van jou familie of vriende ’n kind in matriek? Hier is goeie nuus.
Met die Kuier Rapport Matriekklas se gratis hersieningsvideoklasse kry Afrikaanssprekende matrikulante ‘n hupstoot met hul voorbereiding vir die eindeksamen.
Die video’s is deur ervare onderwysers saamgestel en die lesse van 45 minute elk dek die volgende vakke:
Afrikaans huistaal;
Afrikaans eerste addisionele taal;
Engels eerste addisionele taal;
wiskunde;
wiskundige geletterdheid;
fisiese wetenskappe;
rekeningkunde; en
lewenswetenskappe
Die gratis lesse is tot 2 Desember op Netwerk24 en YouTube beskikbaar. Jy het nie ‘n intekening nodig nie; sorg net vir data en internettoegang.
Klik hier vir toegang tot die videoklasse op Netwerk24, en hier om die lesse op YouTube te volg.
Jy kan ook vir “MySkool” op albei platforms soek.




