Kraaknuwe skoene en klere, netjiese haarstyle en veral dapper glimlagte was Woensdag (18/01) by laerskole oor die hele Noord-Kaap heen te sien toe vanjaar se gr. 1’s hul skoolloopbaan begin het.
Dié matrieks van 2034 was vol wysheid en gevatte antwoorde oor hul toekoms.
Refentse Matebese het op die eerste dag van haar skoolloopbaan aan die Laerskool Du Toitspan in Kimberley reeds besluit dat sy wil leer om eendag ’n onderwyser te wees. Refentse, wat in die Engelse klas is, was baie opgewonde om daar te wees.
Foto: Helena Barnard
Diamé Fourie en Liam Robbetze kan nie wag om die deur na leeravonture by juf. Janine de Villers se klas by die Laerskool Eureka in Kimberley oop te maak nie.
Foto: Helena Barnard
Links: Dehan Potgieter (links) en JC Kruger, wat beste maats is en langs mekaar in die klas sit, is opgewonde om hul skoolloopbaan aan die Laerskool Newton in Kimberley te begin. Dehan wil ’n veearts word, en JC ’n weermaglid.
Foto: Charné Kemp
Die tweeling Aiden en Abigail Snyders, wat vir hul eerste skooldag by die private skool Curro Kathu aangemeld het, se ma, Mila, sê sy stres oor die dubbele huiswerk wat vir haar wag.
Foto: Verskaf
Faffa Vermeulen en Johno Coetzee is gereed vir die lugballonvaart deur gr. 1 aan die Laerskool Eureka in Kimberley. Johno sê hy wil “alles” in die skool leer.
Foto: Helena Barnard
Julianno Nagel staan by sy pa, Shaydon Bartlett, en boetie, Matthew Nagel, wat vanjaar in gr. 1 by die Laerskool Newton in Kimberley begin, terwyl ma, Jessie Nagel, hom moed inpraat.
Foto: Charné Kemp
Lelani en Stanley Alexander het hul dogter, Andrea, by die Laerskool Newton in Kimberley afgesien waar sy gr. 1 begin het. Andrea wil graag eendag ? bloemiste word.
Foto: Charné Kemp
Ilse en Ludolf de Beer het hul seun, Kaleb, voor die klaskamer gegroet waar hy vanjaar gr. 1 aan die Laerskool Newton in KImberley gaan aanpak. Kaleb wil ? brandweerman word.
Foto: Charné Kemp
Pa Keanan Scholtz en ma Merildene by Kian in die gr. 1-klaskamer by die Laerskool Newton in Kimberley. Kian beplan om eendag ‘n rockster te word.
Foto: Charné Kemp


